Terug na die tuisblad

Geagte Lidmaat

Dankie vir u bereidwilligheid om onderstaande anonieme vraelys wat oor verskeie aspekte van dienslewering wat deur die Ooskerk aangebied word, te voltooi.

Let asseblief daarop dat “dienskwaliteit” nie net die elemente van die erediens (Woordbediening en sang) insluit nie. Aspekte soos bv. die terrein, verskillende aksies en bedieningsgroepe en personeel word ook ingesluit.

U word vriendelik versoek om u eerlike mening oor die onderstaande stellings op die 5-puntskaal aan te dui deur ‘n X in die toepaslike blokkie te trek, waar:

1= Ek verskil ten sterkste 2 = Ek verskil 3 = Ek voel neutraal 4= Ek stem gedeeltelik saam 5 = Ek stem volkome saam

   
  Stelling 1 2 3 4 5
1 Ek voel tuis in die gemeente
2

Wanneer ek ’n probleem ervaar het ek vrymoedigheid om met die leraars daaroor te gesels

3

Die diens wat op administratiewe/organisatoriese vlak gelewer word is stiptelik

4

Die totale personeelkorps is baie toegewyd aan hulle werk in die gemeente

5

Die leraars en ander beamptes is daarop ingestel om lidmate se behoeftes te verstaan en aan te spreek

6

Daar is te veel nie-geestelike aktiwiteite wat die fokus op die uitbreiding van God se koninkryk benadeel

7

Die strategie en doelwitte van die gemeente word voldoende aan lidmate gekommunikeer

8

Daar word genoeg gebid in ons gemeente

9

Die leefstylgroepe slaag daarin om die Koninkryk van God te bou

10

Voldoende aandag word aan voorstelle en suggesties van lidmate gegee

11

Die begeleiding wat ek in die gemeente ontvang inspireer my om ’n daadwerklike verskil in die wêreld te maak

12

Die positiewe en passievolle bedieningstyl van die leraars dra baie by tot my geestelike groei

13

Die leraars se preke is relevant tot my lewe

14

Ons gemeente behoort meer uit te reik na ander kerkgroepe

15

Die sang en aanbidding tydens eredienste laat my naby God voel

16

Dit pla my nie dat daar nie net Afrikaanse liedere gesing word nie

17

Meer aandag moet tydens die aanddienste aan tienderjariges gegee word 

18

Oor die algemeen slaag die Ooskerk daarin om as ’n liefdevolle en dienende Geloofsgemeenskap te funksioneer 

19

Dit was maklik om as ’n nuwe lidmaat by die gemeente in te skakel

   
Ouderdom:
Geslag:
Jare in die Ooskerk:
Kommentaar: